Gesogte Kanna vir Danny B!

Hier’s hy, Oudtshoorn! Oudtshoorniet Danny B wys die gesogte Kannabeeldjie waarmee sy KKNK-produksie, Rymklets van Oos tot Wes, Maandagaand bekroon is.                                  Foto: Lumico

Hier’s hy, Oudtshoorn! Oudtshoorniet Danny B wys die gesogte Kannabeeldjie waarmee sy KKNK-produksie, Rymklets van Oos tot Wes, Maandagaand bekroon is. Foto: Lumico

Deur Ilze-Mari Gründling
’N MUSIEKVERVAARDIGER van Oudtshoorn, Danny B, het Maan­dag­ sy tuisdorp trots gemaak toe ’n produksie waarvoor hy by die KKNK verantwoordelik was, met ’n ge­sogte Kanna-toekenning bekroon is!

Die hip-hop-opelugmusiekpro­duk­sie Rymklets van Oos tot Wes, met Danny B’s Entertainment Productions as vervaardiger, is aangewys as die beste musiekproduksie by die fees. Die wenners van 2017 se Kannatoekennings is Maandagaand in Kaapstad bekend gemaak.

“Ek was so opgewonde en dank­baar toe hulle my naam noem. Ek het dit nie verwag nie; dit was onwerklik,” het Danny B gister vertel.

Hy sê Kunste Onbeperk het hom gevra om vanjaar die produksie Rymklets van Oos tot Wes te vervaardig en bestuur.

“Ek het eers gedink dat ek dit nie sal kan doen nie. Dit was ’n groot stap vir my, maar ek het nogtans deurgedruk. En noudat ek ’n toekenning daarvoor gekry het, weet ek dat ek sulke werk kan doen. Hierdie toekenning het aan my bewys waartoe ek in staat is. Ek wil ook net baie dankie sê aan almal wat my bygestaan en saam met my ge­werk het.”

Danny B’s Entertainment and Production het in 2010 ontstaan en verskaf die musiek, klank en belig­ting vir funksies. Danny B vervaardig ook musiek en help nuwe kunstenaars om op die been te kom. Hy is ook ’n rymkletser wat binnekort sy tweede album, Gesplete Persoonlikheid, vry­stel.

Die volledige lys Kanna-wenners is: Buite Land (beste debuutwerk), Karoo Moose (beste teateraanbie­ding), Lara Foot (beste regie vir Karoo Moose), Chuma Sopotela (beste aktrise – Karoo Moose), Gideon Lombard (beste akteur – Die reuk van appels), Kopano Maroga (beste manlike byspeler – Buite Land), Sandra Prinsloo (beste vroulike byspeler Pa maak vir my ’n vlieër pa), Retief Scholtz (beste nuutgeskrewe teks – Dop), Ronél de Jager se Broeigrond: Fertile Ground for Golden Regrets (beste bydrae tot visuele kuns), Buhle Ngaba (beste opkomende kunstenaar – The Swan Song: teks en spel), The Swan Song (beste Uitkampteater-aanbieding