Na ’n lang, besige 2023 sluit Die Hoorn die jaar op ’n hoë noot af.
Met lekker stories, positiewe stories, hartseer stories, verskeie verliese en selfs stories wat ons tot diep in ons harte geraak het, wil ons aan elke leser dankie sê vir die volgehoue ondersteuning en positiewe terugvoer wat ons van julle ontvang het.
Die Hoorn bly ’n gemeenskapskoerant en dit is vir ons belangrik om die inwoners van die Klein Karoo se stories te vertel. Ons sien uit na wat volgende jaar vir die koerant inhou en gaan oplewer.
Ons sluit dus vandag, Donderdag 14 Desember 2023, tot Woensdag 3 Januarie 2024, wanneer ons weer op ons pos sal wees.
Mag al ons lesers lekker rus en ’n geseënde Kersgety saam met geliefdes en vriende deurbring, en elkeen onthou waaroor Kersfees regtig gaan.
Die geboorte van Jesus, lig vir die wêreld en ’n redder vir elkeen.
Groete, Die Hoorn-span! Foto: Die Hoorn
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar!
