George ’n ware ‘gentleman’

George Dall (66). Foto: Die Hoorn

HY was die vriendelike man met die vonkeling in die oë wat tot einde April elke Woensdagaand die afgelope 16 jaar Die Hoorn by ons drukker in die Kaap opgelaai het. Klokslag elke Donderdagog­gend vroeg was Die Hoorn veilig op Oudtshoorn.

Maandag het George Dall (66) egter sy aardse reis voltooi toe hy die middag oorlede is, sowat twee weke nadat hy met verspreide kanker gediagnoseer is.

Dall word oorleef deur sy vrou Marianne en twee kinders, Shaun Dall en Lisa Cooper.

Op Facebook het vele mense wat hul simpatie aan Dall se familie met sy dood betuig het, na sy kenmerkende vriendelikheid verwys, terwyl talle hom ook as ’n “gentleman”bestempel het.

’n Roudiens vir Dall word op Vrydag 28 Mei om 11:00 in die NG Kerk Oudtshoorn-Suid in Langenhovenweg gehou. (Deur Liesel le Roux)