DIE Hoorn se getroue koerier, George Dall, het verlede week die laaste keer ons koerant by ons drukker is Kaapstad gaan oplaai.
George, wat 16 jaar lank elke Woensdagaand ons koerant by die drukker opgelaai en die Donderdag-oggend veilig op Oudtshoorn afgelaai het, moes sy koerierbesigheid as gevolg van gesondheidsredes staak.
Die Hoorn en ons lesers is groot dankbaarheid aan George verskuldig, wat ons nooit in die steek gelaat het nie – al moes hy soms selfs tot in die vroeë oggendure wag voordat hy die lang pad terug na Oudtshoorn kon aandurf.
Dankie, George! Dit was ’n voorreg om saam met jou te kon werk. (Deur Liesel le Roux)
George Dall lê na 16 jaar die tuig neer as Die Hoorn-koerier
George Dall. Foto: Die Hoorn