Gemeenskapmark dié naweek

Die Hoorn bied die Saterdag, 29 Junie die eerste gemeenskapmark aan. Dit vind plaas op die Oudtshoorn skougronde.

Met meer as 30 stalletjies beloof dit om werklik iets besonders te wees.

Die doel is om die mark maandeliks aan te bied op die laaste Saterdag van die maand om vir inwoners van die Klein Karoo die geleentheid te gee om hul produkte en handewerk te bemark.

Baie inwoners weet nie eens van al die produkte wat in die Klein Karoo beskikbaar is nie – hier is ’n groot landbougemeenskap met baie vars produkte in ons area.

Daar sal stalletjies met kos, gebak, handwerk, juwele, kuns, brood, ingelegde produkte, vars groente en vrugte, boeke, plante en vele meer beskikbaar wees.

Kom snuffel lekker deur die stalletjies.

Plaaslike musiektalent sal ook optree. Kroegfasiliteite beskikbaar.

Die mark begin 09:00 en duur tot 15:00. Almal is welkom. Bring die kinders, ’n kampstoel en kom geniet die mark saam met ons! (Deur Heinrich Bosman)