Borgtog is in die Oudtshoorn landdroshof geweier aan ’n man wat teregstaan op twee aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Imeraan Samuels (33) het op 10 en 11 September by die Laerskool Laurus ingebreek en sjokolade en koeldrank gesteel.
Die volgende nag het hy weer by die skool ingebreek en ’n televisie-stel, kitaar en rekenaarboks gesteel. Hy is deur kringtelevisie vasgetrek en meeste van die gesteelde items is deur die polisie teruggevind.
Landdros Zuastrid Deyce het die inbrake by ’n plek van opvoeding as skokkend beskryf en borgtog aan Samuels geweier. Die saak is vir verhoor tot 17 Oktober uitgestel. (GARNETT WICOMB)
Geen borg vir skooldief
