Man wat suster slaan gestraf

’n Man van Welgeluk buite Oudtshoorn wat sy suster met ’n lyfband geslaan en skuldig gepleit het op ’n klagte van aanranding om ernstig te beseer, is in die streekhof ’n stywe boete opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.

Jason Keyser het op 27 Oktober 2023 sy 17-jarige suster met die lyfband geslaan en huilend gesê dat hy baie ongelukkig voel daaroor.

Volgens hom was dit net twee houtjies omdat sy nie wou ophou om dagga in die huis te rook nie.

Keyser se regsverteenwoordiger het die hof meegedeel dat Keyser en sy suster vrede gemaak het en sy nie enige beserings opgedoen het nie.

Die staatsaanklaer, Mervan Saaiman, het egter gesê dat geweld nie nodig is om probleme op te los nie. Streeklanddros Ntsoki Moni het Keyser ’n boete van R2 000 of drie maande gevangenisstraf opgelê wat sy in geheel vir vyf jaar opgeskort het. (GARNETT WICOMB)