Gee jou Valentyn ’n Diamond die naweek!

KOM bederf jou Valentyn dié Saterdag (12 Februarie) met ’n kuier onder die Klein Karoo-sterre op die granaatplaas Celebratio net buite Oudtshoorn. Johan Liebenberg en sy orkes sal die aand al Neil Diamond se grootste treffers uitvoer in die produksie “Diamond for Valentine’s”.

Kos- en wynstalletjies open reeds om 18:00 sodat almal vooraf lekker kan saamkuier.

Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by www.celebratio.co.za of kontant by Postnet in die Queen’s Mall.

Daar sal enkele kaartjies die aand van die vertoning op die plaas beskikbaar wees. Vir meer inligting skakel 082 802 7138.

Die Hoorn is die mediaborg van die konsert.