Die skielike dood van een van Struisies se geliefde onderwysers, Yvonne Robinson, op Donderdag 6 Februarie oorlede.
Robinson het vir 22 jaar by Struisies skoolgegee en was ook die Engelse vakhoof gewees.
“Haar omgee en formidabele vakkundig het diep sporte in Struisieland en Eden en Sentraal Karoo Onderwysdepartement getrap.” Het Gerrit Rudolph, skoolhoof van Hoërskool Oudtshoorn aan Die Hoorn gesê.
Van haar goeie eienskappe wat haar kollegas altyd sal bybly is haar integriteit, goeie werksetiek, vaste waardes, nougesetheid en die vermoë om as vakkundige haar leerders met ’n omgee hart te motiveer en met passie te onderrig.
Robinson is op 5 Maart 1965 gebore en het aan Hoërskool Jan de Klerk in Krugersdorp gematrikuleer. Sy het in 1998 haar onderwysloopbaan as Engelse opvoeder by Hoërskool Momentum in Krugersdorp begin, en was vakhoof van die Engelse departement sedert 1995. In 2003 is sy deur die voormalige skoolhoof, Johan Claasen as opvoeder en Engelse vakhoof aangestel.
Struisieleerders en Oud-leerders het die volgende oor haar op sosiale media gedeel:
“What a loss! She always reminded me of Dead Poet Society her love for teaching was binded in the poetry of love for each learner! She truly did make an impact on very child that went through her class!”
“May your legend live on, not only in Struisies, but in all the hearts of the people and children whose souls you have touched”
“Will miss you ma’am, truly one of the best teachers ever!!!”
“She was the teacher who impacted on me the most. She had the ability to inspire a class and she had respect for everyone. She never had to ask…we wanted to do well for her.”
“She was easily the greatest teacher to have ever taught me. She used to tell us how she was awed every day by the mountains surrounding us. She saw beauty everyday coming from a city with nothing but skyscrapers and flat lands.”
Dit is duidelik dat sy ’n groot impak gehad het en ’n leemte los by haar kollegas en leerders.
Sy laat haar broer Bertie Robinson en suster Valerie Seiler agter.
’n Spesiale gedenkdiens word vandag, Vrydag 14 Februarie om 12:30 in die skoolsaal by Hoërskool Oudtshoorn vir Robinson gehou. (ANGELIQUE ERASMUS)
Gedenkdiens vir Struisie leerkrag
Yvonne Robinson. Foto verskaf