Fotografiekursus: Inwoners ontvang sertifikate

Die fotograaf Hans van der Veen (links) verlede Vrydagaand by ’n groep geesdriftige inwoners wat tydens ’n byeenkoms in die Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn sertifikate ontvang het na die afhandeling van ’n fotografiekursus onder sy leiding. By Van der Veen is van links Joshua Festus, Rudy van Heerden (gasspreker en fotograaf van Oudtshoorn) Willem Harmsen, Anél Engelbrecht, Marietjie van der Hoven, Wayne Boshoff, Elbie Swanepoel, Stefan Engelbrecht en Michelle Mara. Anél is aangewys as die topstudent tydens die kursus. Vandeesweek se Foto van die Week op bladsy 4 is geneem deur een van die studente, Michelle Mara. Foto: Schalk le Roux