Fondsinsamelingsaand bring nuwe lig oor CP Nel Museum

Die CP Nel Museum. Foto: Die Hoorn argief.

Die vriende van die CP Nel Museum hou op Donderdag (13 November) ’n spesiale aand by die CP Nel Museum om die jaar af te sluit.

Hulle wil ook hulle waardering wys vir almal wat bydra om die museum weer die hart van Oudts-hoorn se kultuurlewe te maak.

Die geleentheid vind om 17:30 vir 18:00 by die CP Nel Museum plaas en beloof om ’n aand van stories, wyn en geselligheid te wees.

Volgens die organiseerders vier die aand die vooruitgang wat die afgelope jaar gemaak is, onder meer die nuwe beligting wat die “ou dame weer laat skitter soos ’n jong debutante”.

Volgende Donderdag kan gaste uitsien na ’n interessante aanbie-ding, ligte verversings en plaaslike wyne.
Bydraes van die aand sluit in Deborah Herman, Hazel Jonker, Hilda Boshoff, Johan Breunissen, Mannetjie de Beer en Sharlene de Beer-Fick.

Kaartjies kos R100 per persoon, wat ligte verversings insluit.

Die geleentheid dien ook as ’n fondsinsameling ten bate van die museum.

Slegs 80 kaartjies is beskikbaar en bespreking word bevestig wanneer betaling ontvang is.

Kaartjies is beskikbaar by Christo (072 833 7723) of Ilse (072 199 1919).