Bergsig Primêre Skool het vanjaar uitstekend gevaar tydens die jaarlikse Bredasdorp Laerskool Rugbytoernooi, een van die grootste en mees kompeterende skole-sewestoernooie in die Wes-Kaap.
Met 24 deelnemende spanne het die twee dae van aksie, 31 Oktober tot 1 November, jong spe-lers die kans gebied om hul talent, vaardigheid en sportmanskap te wys.Vir Bersig Primêr se o.13-span was hierdie toernooi besonders belangrik.
Die groep het nie net hul eerste groot interskole-sewestoernooi as span aangepak nie, maar hulle het ook geskiedenis geskryf deur vir die eerste keer in die finaal uit te draf. Hul prestasie is verder versterk deur hul dissipline, samewerking en ’n toegewyde groep ouers en ondersteuners wat saam gereis het om die jong spelers aan te moedig.
Die span is afgerig deur Shurgeo Pypers en Gershwill Goliath, onder die leiding van hoof van rugby, Elrico Ewerts en hoof van sport, Bernard Jonkers. Bersig Primêre Skool se resultate:
Dag 1:
• Bersig Primêr vs Bontebok Primêr – 10–5
• Bersig Primêr vs Protea Primêr – 20–0
• Bersig Primêr vs Delft-Noord Primêr – 27–0
Dag 2:
• Bersig Primêr vs St. Albans – 15–5
• Bersig Primêr vs Mount Pleasant Primêr –19–10
Semi-finaal:
• Bersig Primêr vs Struisbaai Primêr – 40–14
Finaal:
• Bersig Primêr vs Kathleen Murray Primêr – 5–26 (GRANWILLE GOLIATH)
Bergsig Primêre Skool blink uit by Bredasdorp Rugbytoernooi
Voor, van links: Gershwill Goliath (afrigter), Juvandre Pieterse (kaptein), en Shurgeo Pypers (afrigter). Middel: Entheino Matroos, Efigenio Kleinhans, Elrico Malgas, Marcus Hendricks, Monre Abrahams, Rayden Meyer, Gilwin Fortuin, Christopher Piedt, Leigh Byron Ayford, Jameulenzealin John en Heino Grootboom. Agter: Bernard Jonkers (hoof van Sport) en Elrico Ewerts (hoof van Rugby). Foto verskaf.