F1-reanjaer, Valterri Bottas kuier in die Klein Karoo

Die F1 renjaer, Valterri Bottas het die Klein Karoo kom verras toe hy aan die Swartberg 100 in Prins Albert op 27 April deelgeneem het. Foto’s: Facebook

Die F1-reanjaer, Valtteri Bottas, het verlede Saterdag die Klein Karoo dorp behoorlik laat gons toe hy aan die Swartberg 100-fietswedren wat in Prins Albert plaasgevind het, deelgeneem het.

Bottas is een van die renjaers vir die span van Kick Sauber, of beter bekend as Alfa Romeo, soos die span laasjaar bekend gestaan het.

Hy het die 170 km, met ’n elevasie van 2900 m kafgedraf en sesde in sy ouderdomsgroep geëndig.

Bottas het vir die liefdadigheid Fondation Princesse Charléne de Monaco gery, en sy wedren uitrusting is na die tyd opgeveil ten bate van die organisasie. (Deur Lindi Brill)