Celeste wen ’n Raptor met gelukkige trekking

Celeste Immink van Oudtshoorn het die grootste verrassing van haar lewe gehad toe sy verlede Saterdagaand die oproep ontvang het vanaf die organiseerders van die Garden Route Family Expo, en sy meegedeel is dat sy die gelukkige wenner van die Ford Raptor is.

Celeste het een kaartjie van R250 in die Ford Raptor-raffle gekoop.

Sy het Dinsdag, 30 April, ontvangs van hierdie pragtige vuurwa by Mosselbaai Ford geneem.
Foto: Lindi Brill