Die wenner van die inkleurkompetisie is Stephanus Meyer (9) van Laerskool Laurus. Stephanus is in Graad 4 en in Mnr. Willem Hugo se klas. Hy sê hy hou baie daarvan om pasta te eet, en kan nie wag om te verjaar nie. Hy word 10 op die 4de Junie en vertel aan Die Hoorn dat hy ’n nuwe fiets wil hê. (Neem kennis mamma en pappa). Hy was ongelooflik by om te hoor dat hy die wenner is en het lekker breed geglimlag vir die kamera. Baie geluk Stephanus en ons weet sommer jy gaan heerlik verjaarsdag hou tussen al die oulike diere by die Cango Wildlife Ranch.
Foto: Angelique Erasmus