Eerste Covid-19-sterftes hier

DIE eerste twee Covid-19-sterftes in die Groter Oudtshoorn is verlede Vrydag (3 Julie 2020) be­kend gemaak.

Getalle in die munisipaliteit het ook skerp gestyg tot 178 op Donderdag 9 Julie. Verlede week Woensdag het dit op 75 gestaan.

44 mense van Oudtshoorn het volgens syfers reeds herstel.

Intussen het Prins Albert Dinsdag (7 Julie 2020) die eerste Covid-19-geval bekend gemaak.

In Kannaland het die syfers Donderdagdag op 24 gestaan (8 die vorige Woensdag).

10 mense het reeds herstel. (Deur Liesel le Roux)