Deur Angelique Erasmus
’N DRIEJARIGE kind van Oudtshoorn is Sondag-oggend deur ’n motor raakgery, maar gelukkig nie ernstig beseer nie.
Die voorval het omstreeks 08:55 op die hoek van Avontuur- en Abrahamstraat plaasgevind.
Die kind het na bewering voor ’n aankomende voertuig ingehardloop.
Ooggetuies het aan Die Hoorn vertel dat die bestuurder van die voertuig verbete probeer uitswaai het.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die kind na die Oudts-hoorn Hospitaal geneem, maar het geen ernstige beserings opgedoen nie.
“Die polisie ondersoek geen saak verder nie,” sê Visser.