Deur Angelique Erasmus
KANSA Oudtshoorn bied op 23 Oktober ’n Borskankerstap, die Shades of Pink-staptog, by die De Jager Sportkompleks op die dorp aan.
Kaartjies kan op die dag vanaf 17:00 by die stadion teen R20 vir volwassenes en R10 per kind gekoop word.
Die staptog vind vanaf 18:00 tot 20:00 plaas.
Deelnemers word versoek om iets pers aan te trek vir die staptog.
Volgens Adri Odendaal, Kansa se gemeenskapsmobiliseerder, wil Kansa met dié Shades of Pink-staptog groter bewusmaking oor kanker skep.
Vir navrae oor die Shades of Pink-staptog, kontak Adri by 0711330444, of stuur ’n e-pos na aodendaal@cansa.org.za.