Koperkabeldiefstal
Deur Garnett Wicomb
Die saak teen drie mans van Oudtshoorn wat koperkabels van Telkom gesteel het, is Dinsdag in die Oudtshoorn Streekhof vir vonnisoplegging tot vandag (19 April) uitgestel.
Andrew Tarentaal (20), Royden Solomons (26) en Barend Fouche (32) het skuldig gepleit op die klagte van die diefstal.
Hulle het erken dat hulle op Schoemanshoek koperkabels van Telkom ter waarde van R70 000 gesteel het.
Die saak dien voor streeklanddros LA Wilkens.