
Met die jaarlikse SWD-sierduifskou wat Saterdag by Baron’s Palace gehou is, het drie duiwe van Oudtshoorn-telers die top-7 uit meer as 300 inskrywings behaal.
Volgens Arthur Muller, voorsitter van die SWD-Sierduifklub het Saterdag se inskrywings van telers in die Wes- sowel as die Oos-Kaap gekom.
’n Span beoordelaars het deur die loop van die oggend die duiwe be-oordeel om die top-7 te bepaal.
Uit die sewe is die kampioenduif, die reserwe-kampioen en vyf reserwe-duiwe aangewys.
Mario Kapp van Oudtshoorn se Mookee-duif is as reserwe-kampioen aangeswys en sy Holle-kropper-duif is as 4e reserwe aangewys.
Nog ’n Oudtshoorn-duif,’n Schiett-modena, wat deur Arthur Muller en Peter Labuschagne van Oudts-hoorn geteel is, is as 6e reserwe aangewys.
Die kampioenduif van die skou was die Norwich kropper van Johhny Rudman van Gqeberha. (HANNES VISSER)