‘Dit gaan beter!’

Carol-Ann van Rensburg.

Carol-Ann van Rensburg.

Ilze-Mari Gründling
DIT gaan baie beter met Carol-Ann van Rensburg (19), sê haar ma, Ansie.
Carol-Ann is op 31 Januarie ernstig beseer toe haar bromponie deur ’n bestuur­skoolvragmotor op Oudtshoorn getref is. Haar lin­kerknie is in die bot­sing vergruis en sy het ’n deel van haar kuitspier verloor.

Volgens Ansie het die deel van Carol-Ann se been wat weg was, begin herstel.
“Na ’n vel­oor­plan­ting op haar voet en been het die vel ook weer begin groei.”

Hoewel Carol-Ann nog nie op haar been kan trap nie, kan sy dit al 60 grade buig, sê Ansie. “Ons sien die dokter weer oor ses weke – dan sal ons weet of sy op haar been kan trap of nie.”

Sy sê Carol-Ann se gemoed is ook baie beter.

“Ek het gedink dat belangstelling sal afskaal met die tyd, maar ons kry nog steeds boodskappe van goeie wense. Ons kry ook baie ondersteuning van die motorfietsryers van George. Hulle het haar so mooi ondersteun in die hospitaal. Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal nie.”