“Die Swartmerrie” blink uit

Die Swartmerrie Foto: Natalie Gabriels Photography

Die KKNK se Kanna-pryse is vanjaar op Donderdag, 9 Mei 2024, tydens ’n glansgeleentheid by Leopard’s Leap Wynlandgoed net buite Franschhoek oorhandig. Veteraan-joernalis Marianne Thamm was die aanbieder.

Karoo Kaarte se nuutste teaterproduksie en plekspesifieke drama, Die Swartmerrie, is bekroon as beste debuutwerk by die KKNK en Neil Coppen as beste regisseur vir dié produksie.

Verskeie spesiale Kannas is ook tydens die geleentheid oorhandig.

Vanjaar se baie spesiale kunswerke is ’n collage uit die KKNK se bekroonde Karoo Kaarte-projek, geskep deur Oudts-hoorn kunstenaars. Hierdie kunswerke is saamgestel uit Oudtshoorn-stories wat nie voorheen gedokumenteer is nie en vorm nou deel van ’n lewende argief, wat sedert 2021 deur dié projek geskep is.

Die volledige lys van Kanna-wenners is:
Beste opkomende kunstenaar of nuweling: Angelique Filter (The Old Man Who Thought He Had a Dog – teks, regie en spel), Beste aanbieding: visuele kuns: Richard Specs Ndimande en Dineke Orton – Becoming Animal (groepuitstalling), Beste ensemble: Monsters, Uitnemende tegniese bydrae: Jaco Bouwer (Patmos – algehele ontwerp), Uitnemende literêre bydrae: Philip Rademeyer – Goed wat wag om te gebeur, Beste aanbieding: musiek: Vier Panado’s en ’n Chardonnay, Beste aanbieding: toneel: Die stoele, Beste aanbieding: Lucky Pakkie: Karli Heine, Beste aanbieding: kinderteater: Bounced, Beste aanbieding: komedie: Su’walla Kassam, Beste debuutwerk: Die Swartmerrie, Beste manlike speler in ’n hoofrol: Chris van Niekerk – Die stoele, Beste vroulike speler in ’n hoofrol: Antoinette Kellermann – Die stoele, Beste manlike speler in ’n onder-steunende rol: Eldon van der Merwe – Roem: ’n Musiekverhaal, Beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol: Antoinette Kellermann – Goed wat wag om te gebeur, Beste regie: Neil Coppen – Die Swartmerrie, Die Herrie-prys: Set in motion, Spesiale NATi-prys: Willem Anker, Spesiale Diens aan die KKNK: Kobus Spies, Uitsonderlike tegniese diens aan die KKNK: Dawid van Eeden.