Saterdag se Oudtshoorn Oval Karting ren het 28 drywers getrek en gesorg vir vet pret. Daar is modder gespat, gejaag dat die stof staan en naelbyt-aksie soos die renjaers mekaar die stryd aangesê het. Hier volg die uitslae van die naweek se renne.
Badluck Driver: Juan Steyn, Senior Driver of the Day: Vian Verwey, Junior Driver of the Day: Jannes Neethling.
160Cc: 1. Hendrik Botha, 2. Christiaan Hough, 3. Nicky Lotz
270cc: 1. Ullie Muller, 2. Linkken Broughton, 3. Taz Du Preez
390cc: 1. Stian Steyn, 2. Berto Nel, 3. Vian Verwey
“Ons bedank graag al ons borge wat die dag moontlik gemaak het, sowel as Juan Steyn (klubvoorsitter), ons sekretaresse Sandré Minnie en al die lede van Oudtshoorn Oval Karting wat gesorg het dat die dag ’n groot sukses was,” het Cobus Neethling, ondervoorsitter van die klub aan Die Hoorn gesê, wat ook deel van die reëlingskomitee was.
1ste Oval Karting sukses
Foto: Marliny Steyn Photography