As jy die afgelope week in en om Oudtshoorn was, is die kans goed dat jy dalk vir dr. André Hattingh, die donkies en sy donkiekar gewaar het.
As deel van ’n fondsinsamelingsini-siatief het verskeie “muntleggings” by skole ook plaasgevind, waar leerders en personeel hul kleingeld ingesamel het vir ’n goeie doel. Dr. Hattingh en sy donkies het ’n groot rol gespeel om die projek onder die gemeenskap se aandag te bring – en natuurlik ook om glimlagte op baie gesigte te sit.
Indien jy hulle nog nie gesien het nie – hou jou oë oop. Die donkies maak beslis hul merk in die Klein Karoo! (ANGELIQUE ERASMUS)
Die dokter en die donkies
Tristan van Wyk, werksaam by Grand Street Studios, en Camp Roadhouse in van der Rietstraat, Oudtshoorn, het nie die oomblik laat verbygaan om vir die oulike Donkies te groet nie. Foto: Johann van der Linde