Die blou maan

Foto: Deur die teleskoop van Night Sky Tours

Oudtshoorn se sterrehemel was Maandagaand 19 Augustus, ekstra helder. Die helder maan staan ook as ’n supermaan of stofmaan bekend.

Hierdie verskynsel gebeur wanneer die maan nader aan die aarde is en dan groter en helderder vertoon as gewoonlik.

Die maan was teen eers Maandagaand om 20:26 100% vol. Die term bloumaan word gebruik wanneer daar twee keer in een maand ’n volmaan is. Augustus se volmaan word beskryf as ’n seisoenale bloumaan, omdat dit die derde volmaan in ’n seisoen wat, wat gewoonlik vier bevat.

Die volgende bloumaan sal eers weer op 31 Mei 2026 wees en daarna in 2032.

Die maan was oor groot dele van die wêreld sigbaar gewees.