Deon Bosman- aanrandingsaak wag tot September

DIE verhoor van ’n egpaar van De Rust wat van aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla word, is verlede week in die Oudts­hoorn Landdroshof uitgestel omdat die geneesheer wat oor die klaer se beserings sou getuig, nie beskikbaar was nie.

Stephen en Minnie Robson word daarvan aangekla dat hulle op 17 Januarie 2018 vir Deon Bosman, die eienaar van Super Car Wash op Oudtshoorn, in sy kantoor aangerand het deur hom met ’n knuppel te slaan, te skop en te trap.

Die voorval het glo gegaan oor ’n me­nings­verskil op Facebook.
Volgens Bosman het Stephen Robson hom geklap, geskop en getrap terwyl hy op die grond gelê het.

Minnie Robson het hom na bewering twee keer met sy eie knuppel oor sy kop geslaan.

Albei pleit onskuldig en die saak is deur landdros Marius Nel tot 16 September 2020 uitge­stel. (Deur Garnett Wicomb)