De Rust-man vyf maande vermis; familie vra hulp met soektog

Hein Booysen (35). (Foto verskaf)

’N EPILEPSIELYER van De Rust, Hein Booysen (35), word reeds vyf maande vermis.

Volgens Dorothy Booysen, tante van Hein by wie hy op De Rust gewoon het, is hy op Sondag 2 Mei saam met sy suster, Elvina Booysen, na ’n ander suster op die plaas Nelsrivier, Rolene Esterhuizen, om daar vir die dag te kuier.

Hy het besluit om nie saam met Elvina terug te gaan na De Rust nie, maar op Nelsrivier oor te bly. Hy het egter nie die aand by Rolene se huis geslaap nie en hy is nooit weer gesien nie.

Volgens Dorothy het hulle vir twee dae oral gesoek en op 5 Mei het hulle Hein as vermis by die polisie op De Rust aangemeld.

Ten spyte van ’n uitgebreide soektog saam met die Polisie en ook polisiehonde, is Hein nog nêrens opgespoor nie.
Die familie vra nou mense in die omgewing van De Rust en Nelsrivier om te help soek na hom. “Ons sit met ons hande in die hare,” sê Dorothy Booysen.

Enigeen met inligting oor waar Hein hom moontlik bevind, kan haar by 083 205 0696, of die De Rust Polisie by 044 241 2050 skakel. (Deur Garnett Wicomb)

1 Comment on "De Rust-man vyf maande vermis; familie vra hulp met soektog"

  1. Nicolene | 10/11/2021 at 11:16 |

    Saps de rust se nr is ni meer dit ni 0442418800

Comments are closed.