DIE Peugeot 2008 sportnutsvoertuig, alombekend as ’n sports utility vehicle of SUV, is Maandag 27 September as Suid-Afrika se Motor van die Jaar vir 2021 aangewys.
Hierdie voertuig is vroeër vanjaar in Suid-Afrika bekendgestel, met ’n unieke styl en indrukwekkende veeldoeligheid wat reeds wyd in die motorbedryf beïndruk het.
Die toekennings word sedert 1986 deur die South African Guild of Motoring Journalists (SAGMJ) uitgereik, en volgens kenners is dit een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde en gesogte toekennings in die plaaslike motorbedryf.
Die titel Motor van die Jaar is egter nie die enigste een wat aan die Peugeot 2008 toegeken is nie; dit het ook met die gesogte toekenning vir Kompakte Familievoertuig van die Jaar weggery.
Die algehele tweede plek in die kompetisie is deur die kragtige en betroubare Toyota Hilux- dubbelkajuitbakkie verower, met die derde plek wat aan die luukse en sportiewe BMW 4-Series toegeken is.
Peugeot 2008 gekies as SA se Motor van die Jaar
Die Peugeot 2008, 2021 SA Motor van die Jaar.