De Jagers-atletiekbaan kry nuwe masligte

Oudtshoorn se burgemeester, Chris Macpherson, het verlede week by die De Jagers-atletiekbaan gaan inloer waar vier nuwe masligte opgerig word. Foto: Skermgreep Oudtshoorn Munisipaliteit Facebook video

VOORBEREIDINGS om vier nuwe masligte by die De Jagers-atletiekbaan op te rig het verlede week begin.

Twee masligte word weerskante van die pa-wiljoen opgerig en twee aan die oorkant. Die kontrakteur is Sectional Poles.

Hier is ’n paar interessante feite:
• Die twee maste by die pawiljoen is elk 32 m lank met 55 LED-ligte elk en ’n totale gewig van 13,5 ton.
• Die basis van die twee maste bestaan elk uit 95,55 ton beton en 3,7 ton staal.
• Die twee maste oorkant die pawiljoen is elk 32,9 m lank met 32 LED-ligte elk en ’n totale gewig van 10,5 ton.
• Die basis van die twee maste bestaan elk uit 58,8 ton beton en 2,6 ton staal.
• Die fondasies behoort tussen 1 en 15 Maart voltooi te wees waarna daar begin sal word met die vervaardiging van die maste.