Dankie vir 28 jaar diens aan aftreeoorde!

André van Greunen (links), uittredende voorsitter van die Bestuurs-raad van die Oudtshoorn Rotary Aftree-oord, het verlede Donderdag­aand by die jaareindfunksie van die aftreeoord ’n spesiale oorkonde ontvang om dankie te sê vir sy 28 jaar diens aan die aftree-oord. Die oorkonde is aan hom oorhandig deur Danie Erasmus (regs) wat lank as sy ondervoorsitter gedien het. Die oorkonde gee erkenning aan Van Greunen vir sy “volgehoue bydraes sedert die ontstaan van die oord as stigter, voorsitter, lid van die Bestuursraad en leier-lid”.