Daar is hierdie week op nasionale vlak samesprekings gehou tussen die DA en VF+ se nasionale leiers, John Steenhuisen en Pieter Groenewald om die verhouding tussen die twee partye indringend te bespreek. Dit is tans geen geheim dat daar politieke spanning tussen die twee partye op Oudtshoorn en in twee ander munsipaliteite heers nie. Nadat Oudtshoorn se burgemeester, Chris Macpherson, verlede maand deur ‘n ANC mosie uit die stoel gelig is, is ‘n sogenaamde regering van plaaslike eenheid gestig waar die VF+ saam met die ANC en die PA nou die dorp se leierskap behels.
Nadat daar die afgelope drie weke tussen die DA en VF+ heen en weer argumente was oor die verwikkelinge het Steenhuisen en Groenewald Woensdag ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle bevestig dat hulle indringend in gesprek is oor die verhouding tussen die DA en die VF+. In die verklaring sê hulle dat insette van die betrokke munisipaliteite waar die verhouding skynbaar verbrokkel het, gekry sal word om te bepaal waar die kwelpunte lê en wat die oplossing kan wees.
Uit die verklaring is dit duidelik dat beide partye se leierskap dit wat in Oudtshoorn gebeur het, ernstig opneem. Dit is op hierdie stadium glad nie duidelik of die verklaring ‘n verandering aan die huidige leierskap in Oudtshoorn tot gevolg kan hê nie. Dit is verder duidelik uit die verklaring dat daar by albei partye ongemak is met die samewerking op plaaslike regeringsvlak met die ANC.
In ‘n video wat die LP en kiesafdelingshoof van Oudtshoorn, Mark Burke, ook hierdie week gedeel het, sê hy dat die samesprekings tussen die twee partyleiers twee kwessies duidelik uitgelig het. Die een is volgens hom dat die geskilpunte in die ondeskeie munisipaliteite dringend aangespreek moet word en dat samesprekings oor munisipaliteite voortaan deur die twee partye se nasionale leiers gehou sal word en nie meer met leiers op provinsiale vlak nie soos wat met Oudtshoorn gebeur het nie.
Navrae word intussen op plaaslike vlak aan die DA, PA, VF+ en ANC gestuur vir terugvoering oor die toekoms van die huidige regering van plaaslike eenheid. Die Hoorn sal volgende week wanneer terugvoering oor die situasie op Oudtshoorn ontvang is, daaroor berig.
Media veklaring soos hieronder:
Joint Press Statement by Democratic Alliance and Freedom Front Plus
by John Steenhuisen MP – Leader of the Democratic Alliance
Date: 21 August 2024
Release: Immediate
DA and FF Plus party leaders committed to stabilising Western Cape coalitions
The Democratic Alliance and Freedom Front Plus national party leaders, Mr John Steenhuisen and Dr Pieter Groenewald met today to discuss the coalitions in the Western Cape.
The party leaders agreed that unstable local ANC coalition relationships are detrimental to the affected communities and that coalitions of which the parties are a part of, should be stabilised.
This agreement also entails, among other things, that the FF Plus national party leader, Dr Groenewald, will meet with the federal and provincial leadership of the DA. Inputs from local leadership of affected municipalities will be collected in order to identify the origin of problems and to find amicable solutions.
The parties are committed to ensuring that coalitions stabilise in the Western Cape and other provinces to serve communities and ensure service delivery and good municipal governance.
DA en VF Plus nasionale partyleiers daartoe verbind om Wes-Kaapse koalisies te stabiliseer
Die nasionale partyleiers van die Demokratiese Alliansie en Vryheidsfront Plus, mnr. John Steenhuisen en dr. Pieter Groenewald, het vandag vergader om die koalisies in die Wes-Kaap te bespreek.
Die partyleiers stem saam dat wankelrige plaaslike ANC koalisieverhoudings tot nadeel van die onderskeie gemeenskappe is en het ooreengekom dat koalisies waarvan die partye deel is, gestabiliseer moet word.
Hierdie ooreenkoms behels ook onder meer dat die nasionale partyleier van die VF Plus, dr Groenewald met die federale and provinsiale leierskap van die DA sal vergader. Insette van plaaslike leierskap van geaffekteerde munisipaliteite sal ook ingesamel word om die oorsprong van die probleme te identifiseer en spoedig op te los.
Die partye is daartoe verbind om te verseker dat koalisies in die Wes-Kaap en ander provinsies gestabiliseer word om gemeenskappe te dien en dienslewering sowel as goeie munisipale bestuur te verseker.
John Steenhuisen MP
Leader of the Democratic Alliance
