Covid-19: So lyk die land se nuwe inperkingregulasies

MET die erg aansteeklike Delta-variant wat Covid-19-infeksies tans vinnig laat klim in Suid-Afrika, het pres Cyril Ramaphosa Sondagaand verskeie veranderings in die inperkingsregulasies aangekondig.

Van die belangrikste regulasies is die volgende:
• Die land beweeg na Vlak 4.
• Skole en kontakklasse by tersiêre instellings sluit vanaf Woensdag. Koshuise by tersiêre instellings bly oop.
• ’n Algehele drankverbod geld.
• Daar is ’n verbod op reise na en van Gauteng, behalwe vir besigheid en handel.
• Die aandklokreël geld nou van 21:00 tot 04:00. Alle nie-essensiële besighede moet 20:00 sluit.
• Alle byeenkomste word verbied. Begrafnisse en verassings word beperk tot 50 mense.
• Strande en parke bly oop, maar nie vir byeenkomste nie.
• Restaurante en eetplekke mag slegs wegneemetes verkoop.
• Dra van maskers is verpligtend en persone in beheer van besighede ens moet toesien dat dit toegepas word.
• Werkgewers moet, waar moontlik, personeel toelaat om tuis te werk. (Deur Liesel le Roux)