Carte Blanche besoek Meiringspoort ná verwoestende vloede

Govan Whittles tydens sy besoek aan Meiringspoort. Foto: Carte Blanche

Die bekende ondersoekende televisieprogram Carte Blanche het Meiringspoort en omliggende gebiede in die Klein-Karoo besoek om ’n inset oor die omvang van die vloedskade en die uitwerking daarvan op plaaslike gemeenskappe, besighede en belangrike toegangsroetes op te neem.

Die inset word deur Govan Whittles aangebied. Die span het die skade in Meiringspoort besigtig en met plaaslike inwoners en rolspelers oor die herstelwerk en die ekonomiese gevolge van die padsluiting gesels.

Al 20 Meiringspoort se rivierkruisings en laagwaterbruggies is beskadig, terwyl vier groot dele van die pad heeltemal weggespoel het.

Carte Blanche word Sondae om 19:00 op M-Net, DStv-kanaal 101, uitgesaai. Die inset sal daarna ook aanlyn en op Carte Blanche se amptelike YouTube-kanaal beskikbaar wees.

Be the first to comment on "Carte Blanche besoek Meiringspoort ná verwoestende vloede"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*