AfriForum Oudtshoorn se Buurtwag het in ’n Facebook-plasing gewaarsku oor ’n merkbare toename in misdaadvoorvalle gedurende Julie.
Volgens die Buurtwag het onwettige straatbewoning met 81,5% toegeneem, terwyl diefstal met 57,5% gestyg het.
Voorvalle van oproerigheid het met 83% en betreding met 30% toegeneem.
Die Buurtwag meen daar is ’n verband tussen die styging in straatbewoning, betreding, diefstal en huis- en sake-inbrake.
Die SAPD se statistiek toon volgens die organisasie ook ’n toename in diefstal en inbrake.
Ses verdagtes is gedurende Julie in sake waarby die Buurtwag betrokke was, in hegtenis geneem. Drie wapens is ook aan patrollede oorhandig.
Die meeste voorvalle is tussen 20:00 en middernag aangemeld.
Baron van Rheedestraat het die meeste voorvalle gehad, hoofsaaklik weens probleme met karwagte, oproerigheid, straatbewoning en ander openbare-orde-oortredings.
Die Buurtwag het inwoners aangemoedig om misdade by die SAPD aan te meld, aangesien dit die polisie help om teen herhaalde oortreders op te tree.
Belangrike SAPS Oudtshoorn-kontaknommers
Die Oudtshoorn-polisiekantoor se skakelbordnommer bly 044 203 9000.
Landlynnommers:
• Radiokamer: 044 203 9006 / 044 203 9007 / 044 203 9008
• Oudtshoorn Gemeenskapsdienssentrum: 044 203 9001
• Bridgton Gemeenskapsdienssentrum: 044 203 9240
• Bongolethu Gemeenskapsdienssentrum: 044 203 9250
• Operasionele kamer: 044 203 9010
• Speurderskantore, Bridgton: 044 203 9200 / 044 203 9218
Die 10111-noodnommer word nie geraak nie en kan steeds vanaf landlyne geskakel word.
Selfoonnommers:
• Skofbevelvoerder – 24 uur: 079 893 9968
Patrollievoertuie per sektor
• Sektor 1 – Bongolethu en Toekomsrus: 082 444 3760
• Sektor 2 – Bridgton, uitgesluit Toekomsrus: 082 522 1928
• Sektor 3 – Dorp, uitgesluit Bongolethu en Bridgton: 082 522 3226
• Sektor 4 – Plase en alle gebiede buite die dorp: 082 379 1707.
(ANGELIQUE ERASMUS)
Buurtwag waarsku oor toename in straatbewoning en diefstal

Be the first to comment on "Buurtwag waarsku oor toename in straatbewoning en diefstal"