Deur Garnett Wicomb
DIE jarelange hofsaak teen die voormalige bestuurder van Kango Wyne op Oudtshoorn, Johan Brits, is Donderdag 11 November in die Oudtshoorn Streekhof tot 30 Januarie 2022 uitgestel vir vonnisverrigtinge.
’n Aansoek van Brits om teen sy skuldigbevinding in die appélhof te appeleer, was nie suksesvol nie.
Die saak is terugverwys na die Oudtshoorn Streekhof.
Brits is in 2015 in die Streekhof deur landdros Neels Nortje skuldig bevind op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Drankprodukte.
Die hof het bevind Kango Wyne het ’n produk bekend as “ale” met wyn vermeng en dit onder die ou etikette bemark en dat seëls wat deur ’n beampte van die departement landbou aan wyntenks aangebring is, verwyder is.
Brits in Januarie gevonnis
