Bridgton Sekondêr vereer Joslin

Bridgton Sekondêr in Oudtshoorn het ‘n pragtige gebaar van simpatie en ondersteuning vir klein Joslin Smith, asook vir haar laerskool Diazville Primêr in Saldanha, betoon. ’n Foto van Joslin word in die voorportaal van die skool vertoon terwyl twee kerse weerskant brand.

Die graad 8’s het ook vanoggend, 8 Maart, Joslin se naam in die vierkant uitgespel.

“Ons as skool wil graag ons meegevoel en ondersteuning aan Joslin wys, maar ook vir haar skool. Dit is vir almal betrokke ’n baie traumatiese gebeurtenis. Ons wil ook hiermee alle kinders bewus maak oor veiligheid”, het Adel de Vos, ’n onderwyseres by Bridgton Sekondêr aan Die Hoorn gesê.