“Grimering is my passie, en om vrouens mooi te maak en hul te leer om dit self te doen is ongelooflik belowend,” vertel Bradlin Heradine (25), bekende grimeerkunstenaar van Oudtshoorn.
Bradlin is ’n gekwalifiseerde grimeerkunstenaar en maak mense die afgelope 12 jaar mooi.
In 2020 het die kunstenaar Oudtshoorn se eie Mia le Roux, Mej Suid-Afrika ook grimeer. Dit was tydens sy Make-Up Masterclass, op 25 Januarie 2020. Die kaartjies het gevlieg en het vinnig uitverkoop. Sy klasse is baie gewild en word gereeld aangebied.
Benewens Mia, grimmeer Bradlin gereeld bekendes wanneer hy hierdie klasse aanbied.
Van hierdie bekendes sluit in Tracey Lange, Farren Cloete, Amanda Strydom, Cintaine Schutte, Marlene le Roux en nog vele meer.
Bradlin was ook die grimeerkunstenaar vir die werklikheidreeks, Tussen Ons, wat op Kyknet en Kie uitgesaai is. Hy het selfs al bekendes se grimering gedoen vir die Fiësta-toekennings wat jaarliks aangebied word.
Hy doen gereeld grimering vir bruide, bruidsmeisies, matriekafskeide en selfs vir familie- en individuele fotosessies.
Hy word ook gereeld genooi om as beoordelaar op te tree by verskeie skoonheidskompetisies.
Besoek gerus sy sosiale media bladsye op Facebook en Instragram, of kontak hom by 074 338 9413 vir jou volgende mooimaaksessie. (Deur Angelique Erasmus)
Be the first to comment on "Bradlin passievol oor mooimaak"