Borg vir vermeende brandstigter

Deur Angelique Erasmus
BORG van R1 000 is Vrydag in die Oudtshoorn Landdroshof aan ’n vermeende brandstigter, Sonja Louw, toegestaan. Vorige pogings van haar was onsuksesvol omdat sy nie ’n adres aan die hof kon verskaf nie. ’n Vriendin, Anna Stefaans, het egter nou vir Louw verblyf aangebied nadat sy van haar in ’n koerant gelees het.

Landros Roelf Konstabel het egter verskeie voorwaardes gestel: Sy moet in die huis in Volmoed bly, haar weerhou van kontak met enige getuies in die saak, en nie die perseel van Karoo Park betree of haar suster daar besoek nie. Sy sal ook gereeld getoets word vir drank- en dwelmgebruik, en mag slegs voorskrifmedikasie besit.

Die saak teen haar is uitgestel na 4 Februarie.