Barries Barnard van Oudtshoorn (75) het Dinsdagoggend ‘n slegte ervaring gehad toe ‘n boomtak in Hoogstraat op sy nuwe motor geval het. Barnard het die motor Maandagaand gekry en die volgende oggend in sy naam geregistreer, waarna hy voor die NG Moederkerk geparkeer het om bank toe te gaan. Barnard het gesien hoe die tak val en dit selfs probeer vang. Sy dogter Juanita Barnard wat in die motor gesit het, sê sy het net ‘n verskriklike slag gehoor.Volgens Barnard gaan hy ’n eis teen die munisipaliteit indien. Die skade aan sy motor is na raming sowat R40 000. Foto: Christine Schoeman