Blydskap oor Matriekuitslae!

Om 'n A-gemiddeld los te slaan in die jaar van 'n Covid-pandemie wat alles om jou ontwrig, is voorwaar 'n groot prestasie en rede om baie bly te wees. Hier spring Langenhoven Gimnasium se nege toppresteerders wat A-gemiddeldes behaal het, met Corné Jonck heel voor, Dinsdag van vreugde nadat hulle hul uitslae ontvang het! Lees meer oor die 2020-matriekuitslae op bladsye 3, 4 en 5. Foto: Stefan Skapie Goosen