DIE drinkwater van beide Oudtshoorn en Ladismith voldoen vanjaar aan AfriForum se bloudruppelstatus.
Dié burgerregteorganisasie het van Augustus tot Oktober talle Wes-Kaapse dorpe se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drinkwater (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal. Al die Wes-Kaapse dorpe se drinkwater wat getoets is, was skoon.
Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen agt rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die mi- krobiologiese standaarde nie. Oudtshoorn en George is twee van dié dorpe. “Ons sal dié nie-nakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Johardt van Heerden, distrikskoördineerder Boland van AfriForum.
“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar op die watergehalte.
“Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die Covid-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.” (Deur Liesel le Roux)
Bloudruppelstatus vir Oudtshoorn, Kannaland
