Besoekers wat sedert die naweek vanaf George se kant Oudtshoorn binnery wonder dalk hoekom 34 oë op ’n blou treinbrug vir hulle loer.
Die Bloubrug is ’n kunsprojek wat kunsleerders van Hoërskool Oudtshoorn as deel van vanjaar se KKNK voltooi het.
Norman O’Flynn bekende Kaapse kunstenaar wat veral in “Pop-art” spesialiseer het Vrydag tydens die projek gesê hulle het besluit om die brug in Franse-blou te verf en die oë verteenwoordig die visie vir Oudtshoorn se vooruitgang.
Struisies se kunsonderwyser, Tiffany Howard, sê dit was vir die leerders ’n verrykende ervaring om saam met ’n professionele kunstenaar en onder sy leiding aan die projek deel te neem.
Nadat die brug vroeër verlede week blou geverf is, het die leerders 34 uiteenlopende voorstellings van oë op die muur aangebring. Die leerders het vroeg Vrydagoggend met die skilderye begin en die panele is teen die middag voltooi. (HANNES VISSER)
Bloubrug se oë verwelkom besoekers
