Blitzbok-kaptein en -afrigter besoek Grotte

Die kaptein van die Blitzbokke - die wêreld se top-sewesrugbyspan, Siviwe Soyizwapi (regs), en Sandile Ngcobo (links), afrigter van die sewes-akademie, het Saterdag die ikoniese Kango Grotte buite Oudtshoorn besoek. Hulle was twee van die sportlegendes wat die naweek die dorp besoek het as deel van ’n spesiale legendesaand Vrydag van die Hoërskool Oudtshoorn. By hulle van links is Alison Moos (operasionele bestuurder van die Kango Grotte) en Stephanie Strydom van Oudtshoorn Toerisme. (Foto verskaf.)