Bianca stap op wêreldverhoë

Bianca Kennedy, oud-Struisie leerder op die loopplank tydens die Sjanghai modeweek in Sjina. Foto verskaf.

Oud-Struisie Bianca Kennedy was te sien op die loopplank, in Sjina by die Sjanghai modeweek. Sy het in 2019 by Hoërskool Oudtshoorn gematrikuleer.

Sy doen reeds die afgelope vier jaar voltyds modelwerk en beskou hierdie geleentheid as haar grootste lewenservaring. Haar ouers is Albertus (Hoof Uitvoerende Beampte van die Garden Route Badgers Cricket) en Erica (’n onderwyseres by Colridge Primêre Skool).

Bianca is ook te sien as model op Revlon se tuiskleur boksies, soos in 2024 deur Die Hoorn berig. (ANGELIQUE ERASMUS)