Welkom Malissa

Malissa Spies het onlangs by Die Hoorn aangesluit. Foto verskaf

Die Hoorn is opgewonde om ons nuwe joernalis, Malissa Spies, by die koerant te verwelkom. Malissa het verlede jaar na Oudtshoorn verhuis van Kaapstad af, en is gaande oor die dorp en sy interessante inwoners.

Sy het ook meer as 10 jaar se ondervinding in die mediabedryf, en het voorheen ook as joernalis gewerk by die Brakpan Herald.

Sy was ook die redakteur by Packaging and Print Media tydskrif. Vir enige stories, kontak haar gerus by 083 388 3684 of stuur ’n e-pos na editor@hoorn.co.za.

Sy sien uit daarna om die Klein Karoo se stories te vertel en julle te ontmoet.