Betonheining kleurvol herstel

Verf en herstelwerk aan die nuwe betonpalissade-heining​​​​ langs die N12 buite Oudtshoorn na De Rust vorder goed. ’n Groot gedeelte van die heining is reeds versier met kleurvolle tekeninge, name van die kinders wat in Rosevalley, Rosebank en Neppon bly en handafdrukke van die kinders. Hier staan Edwina Jansen (8), Jason Jansen (10) en Rentino Baille (8) saam met Leon Campher, inisieerder van die projek, nadat hul handafdrukke teen die heining gedruk is. Campher beoog om die projek binne ’n week af te handel. Foto Angelique Erasmus