Belangrike inwonervergaderings

Die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson, praat Maandagaand met in­woners van De Rust tydens ’n GOP-vergadering waar hulle insette kon lewer. Foto verskaf

BELANGRIKE openbare deelname­vergaderings vir inwoners van die Groter Oudtshoorn vind tans plaas.

Die eerste vergadering wat inwo­ners die ge­leent­heid bied om insette te lewer vir die 2021 / 2022 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir die Groter Oudtshoorn (GOP) was Maandagaand in De Rust (Wyk 11).

Wyke 10 en 9 (Dysselsdorp) het Dinsdagaand en Woensdagaand aan die beurt gekom.

Die ander vergaderings vind oor die volgende drie weke om 19:00 plaas.
Hulle is Wyk 6 (Donderdag 15 Oktober 2020, Toekomsrus Gemeenskapsaal), Wyk 8 (Maandag 19 Oktober 2020, Bongolethu Gemeenskapsaal), Wyk 4 (Dinsdag 20 Oktober 2020, Thusong Dienssentrum), Wyk 5 (Woensdag 21 Oktober, Bridgton Stadion), Wyk 7 (Donderdag 22 Oktober 2020, St Nicholassaal), Wyk 13 (Maandag 26 Oktober 2020, Bridgton Biblioteeksaal), Wyke 11 & 12 (Dinsdag 27 Oktober 2020, Munisipale Banketsaal), Wyk 1, 2, 3 & 7 (Woensdag 28 Oktober 2020, Munisipale Banketsaal); Wyk 2 (Donderdag 29 Oktober, Volmoed Primêr).

Covid-protokol (maskers, distansiëring en handreiniging) sal by vergaderings geld.

Be the first to comment on "Belangrike inwonervergaderings"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*