Bel dié nommers as jy hulp van die Oudtshoorn Polisie nodig het

Brig Susan Crafford. Foto: Stefan Skapie Goosen

DIE stasiebevelvoerder van Oudtshoorn, brig Susan Crafford, het inwoners versoek om nie senior offisiere of ander polisiebeamptes te skakel as hulle die polisie nodig het nie, maar die polisiekantore of ander amptelike nommers.

“Belangrike inligting raak so verlore en dit neem dan soms langer om te reageer op klagtes. Alle klagtes moet ook op rekord geplaas word en dit bemoeilik die proses as die regte prosedure nie gevolg word nie.

Kontaknommers van die polisiekantore en ander selfoonnommers wat die publiek kan gebruik, is:
• Radiokamer : 044 203 9022, 044 203 9090 of 044 203 9089 – vir die rapportering van klagtes, noodsituasies en gevalle waar ’n voertuig uitgestuur moet word. (Indien die radiokamer nie bereik kan word nie, kan die selfoonnommers van die patrollievoertuie wat onderaan verskyn, geskakel word.)
• Bridgton SAPS: 044 274 4413 (Gemeenskapsdienssentrum)
• Speurders: 044 274 4400
• Bongolethu SAPS: 044 274 4800 (Gemeenskapsdienssentrum)
• Oudtshoorn SAPS: 044 203 9014 (Gemeenskapsdienssentrum)

Selfoonnommers na patrollievoertuie in die onderskeie gebiede is:
Sektor 1 – Bongolethu en Toekomsrus: 082 444 3760 (dié nommer is egter tans buite werking. Skakel intussen Sektor 2 se nommer).
Sektor 2 – Bridgton: 082 522 1928.
Sektor 3 – Dorp (allle gebiede, Bongulethu en Bridgton uitgesluit): 082 522 3226.
Sektor 4 – Plase (alle gebiede buite die dorp): 082 379 1707.

Belangrik:
Onthou dat 10111 nie vanaf ’n selfooon geskakel moet word nie, aangesien dit nie by die regte polisiekantoor uitkom nie en ook nie gratis is nie. Skakel 112 vanaf ’n selfoon in ’n noodsituasie.