Bekende voormalige verkeersman van Oudtshoorn oorlede
’n Bekende voormalige verkeersman van Oudtshoorn, Nico May (63), is Vrydag 23 April oorlede. May het voor sy aftrede op 31 Augustus 2020 jare lank vir die munisipaliteit gewerk as verkeersbeampte, en was ook verantwoordelik vir die munisipale skut. “Hy was ’n ywerige en baie professionele werknemer,” sê Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder “Ons wil ons innige meegevoel aan sy familie en nabye vriende betuig.” (Foto verskaf)