Bekende tennisleier sterf

Johan Koch Foto verskaf.

Johan Koch, wat vir etlike dekades ’n bekende figuur in tennis was, is op 28 Februarie oorlede. Sy seun, JK ’n tennisafrigter, het aan Die Hoorn gesê sy pa het reeds in 2023 ’n hartaanval gehad waarvan hy herstel het, en het op 28 Februarie ʼn noodlottige een gekry.

Johan was vir 17 jaar die voostitter van die Wesbank Tennisklub en was ook vir 21 jaar die president van die SWD Tennisvereniging.

Johan het in 1975 by Paarl Boys High gematrikuleer waarna hy ʼn HOD aan die Oudtshoorn Onderwyskollege verwerf het. Hy het geboer, was in die makelaarsbedryf en ook in die toerismebedryf.

Johan laat sy vrou, Denise, drie seuns en ’n dogter (almal getroud) en ses kleinkinders agter. Sy herdenkingsdiens vind op Vrydag 21 Maart om 09:30 vanuit die NG-kerk Parkgemeente plaas. (HANNES VISSER)

Be the first to comment on "Bekende tennisleier sterf"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*